Search for your favourite author or book

Strafjaart | Stellenbosch

Event Date 
04 May 2019
Venue 
Protea Boekwinkel, Stellenbosch

___________________________________________________________________________

Penguin Random House nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van  Strafjaart :

Theo Kemp sal in gesprek wees met Danie Marais.
 
Date:  Saterdag, 4 Mei 2019
Time:  11:00
Venue:  Protea Boekwinkel
Address:  Bergzicht Plaza, Andringastraat, Stellenbosch, 7600
RSVP:  021 882 9100 / akruger@proteaboekwinkel.com
 
Die boek:
 
’n Foonoproep uit Pollsmoor laat ’n navorser se lewe kantel. Só na aan hom was die vrou wat bel dat hy algaande die biblioteek, waar hy die eerste skepe aan die Kaap bestudeer, vir dié tronk se waglokaal verruil. 
 
Gou kom hy agter dat dié plek is nie altyd so strak soos sy tralies nie: daar is ’n eertydse skipper wat hier vetkoek verkoop; ’n vrouebewaarder met jazz in haar stem; selfs karaoke-aande in die skaduwee van die lemmetjiesdraad. 
 
Dieper en dieper word hy ingetrek by die lewens van diegene wat wag om ín- of uítgelaat te word. Net toe hy dink hy kan met sekerheid sê wie aan watter kant van die hoë mure staan, moet hy begryp dat verdriet bodemloos is.
 
In Theo Kemp se  Strafjaart  vervloei die strominge van ’n lewe met dié van die Suid-Afrikaanse werklikheid, waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.