Search for your favourite author or book

Gert en Joey

Pedofilie. Ontvoering. Moord?

In Suid-Afrikaners se koppe het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste paartjie, hang onbeantwoorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie.
 
Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, ’n volledige oorsig oor dié sage. Die jongste insigte en ervarings van rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, word ook betrek – nie net aan die kant van die slagoffers nie, maar ook aan die kant van die vermeende “monsters”. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf ’n sonderlinge blik op die gebeure w at by Suid-Afrikaners bly spook..
 

Kompetisie

Drie gelukkige wenners sal elk ‘n kopie van Gert en Joey  wen!   Voltooi die kompetisievorm voor 30 September 2018 om in te skryf.   Bepalings en voorwaardes geld

 

*Verpligte velde