 |
Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur by Jeff Kinney
Avonture wag! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom ’n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op ’n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons helde oorleef? Lees Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur en vind uit!
|
 |
|
|
 |
Die Ickabog by J.K. Rowling
Die koninkryk van Kornukopië was eens op ’n tyd die gelukkigste in die wêreld. Daar was baie goud, ’n koning met die spoggerigste snor, slagters, bakkers en kaasmakers wie se uitsonderlike kos mense laat jubel en juig het. Alles was perfek – behalwe vir die mistige Moerasland in die noorde wat, volgens legende, die tuiste van die monsteragtige Ickabog was. Mense met gesonde verstand weet dat die Ickabog net ’n mite is, ’n bangmaakstorie vir kinders. Maar soms neem so ’n storie ’n lewe van sy eie aan. Kan ’n mite veroorsaak dat ’n geliefde koning sy titel kwyt raak? Kan ’n mite ’n eens gelukkige land op sy knieë bring? Kan ’n mite twee brawe kinders op ’n avontuur stuur waarvoor hulle nie gevra het nie en wat hulle nooit sou kon verwag nie?
|
 |
|
|
 |
Kaptein Pipskwiek by Francois Bloemhof en Shaun Samuel
In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...
|
 |
|
|
 |
Vrae en Feite vir Nuuskierige Agies 2 by Riette Hugo
Is jy ’n nuuskierige agie wat wil weet…
… of dinosourusse ooit gekloon sal word? Of hoeveel verf nodig is om ’n Boeing in sy kleure uit te dos? Het jy al gewonder hoekom kruisies soene simboliseer? Of waarom mans vandag steeds dasse dra? Bestaan daar nog regte hekse? En het mense mekaar met blomme gegooi tydens die Tulpoorlog?
Hierdie boek sal jou help om uit te vind of jy bietjie slimmer is as ’n sjimpansee – of dalk baie intelligenter as ’n neurochirurg! Dit gee ook wenke oor hoe om ’n entrepreneur te word. En dit vertel jou alles oor hoe DNS die eerste keer gebruik is om ’n moordenaar vas te trek.
Die legendariese opvoedkundige Riette Hugo het vir RSG antwoorde op dié vrae, en nog vele meer, saamgestel. Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 is propvol inligting, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme wat slimmer as selfs Oupa en Ouma is.
Waarskuwing: Moenie jou boek uitleen nie! Dalk kry jy dit nooit weer terug nie.
|
 |
|
|
 |
Dagboek van 'n Wimpy Kid 15: Diepkant by Jeff Kinney
In Diepkant, die 15de boek in die Dagboek van ’n Wimpy Kid-reeks, uit die pen van Jeff Kinney, topskrywer van #1-internasionale blitsverkopers, kies Greg Heffley en sy gesin koers op ’n kampreis, gereed vir ’n grootse avontuur. Maar sake neem ’n onverwagse wending en hulle beland sonder uitkomkans in ’n karavaanpark wat allermins ’n somerparadys is. Wanneer die reën neerstort en die watervlak begin styg, wonder die Heffleys of hulle die vakansie kan red, en of hulle dalk al klaar te diep in die sop is.
|
 |
|
|
 |
Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika by Engela Duvenage
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak. Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.
|
 |


|
Bastian Blom en die pratende portret by Jaco Jacobs
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping. Bastian versamel graag vreemde goed, soos:
• valstande,
• ou brille,
• posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
• skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
• porselein-uile,
• en boeke met spookstories.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
|
|