Search for your favourite author or book

Die Kinders se Madiba: Die Lewensverhaal van Nelson Mandela

ISBN 
9780143531166
Format 
Epub
Recommended Price 
R90.00
Published 
September 2013
About the book: 

Dit is die verhaal van hoe 'n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir 'n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir 'n regering wat hulle wou he. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was 'n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wereld, en hierdie boek vertel sy storie.

Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

Ek her gisteraand 'n verskriklike nagmerrie gehad. Ek het in koue sweet wakker geword en gebewe...
Saucy and smart, Thirty Second World is a funny, moving, real-world tale set in the unreal world of...
This compact, easy-to-use guide features more than 350 of the most conspicuous and commonly seen...
Mere hours after witnessing the execution of a killer he helped put behind bars, Alex Cross is...