Search for your favourite author or book

Die Laksman se dogter

ISBN 
9781485903666
Format 
Paperback
Recommended Price 
R330.00
Published 
August 2017
About the book: 
Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie.
 
Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sê nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria.
 
Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosaria die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het.
 
Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosaria nooit geweet het nie.
 
Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?
 
>> Kliek hier om 'n uittreksel te lees.
Other titles by this author 
About the Author

Gerda Taljaard is die skrywer van die romans ’n Engel in die hoenderhok, Kelder, Die laksman se dogter en Vier susters. Die laksman se dogter is met die kykNET-Rapport-filmprys vereer. Vier susters is bekroon met die kykNET-Rapport-fiksieprys en die ATKV-Woordveertjie vir prosa. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria.

Photograph © Joanne Olivier

Others also viewed

Bibby’s – More Good Food  embraces approachable food made with thoughtful...
Canned lion hunting sprang to the world’s attention with the 2015 launch of the documentary...
This illustrated alphabet book showcases African animals and other objects that local children...
In her #1 NYT bestsellers, Brené Brown taught us what it means to dare greatly, rise...