Search for your favourite author or book

Die derde spoel

ISBN 
9781415207475
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
May 2017
About the book: 
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.
 
In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ’n soektog wat ’n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.
 
Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.
 
Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel , waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.
 
Also available in English as The Third Reel.
Other titles by this author 

Others also viewed

The next steamy and hilarious rom-com from Tik Tok favourite Amy Lea   Tara Chen has had...
Gourmand World Book Cookbook Awards 2022 Winner - Health & Nutrition Award  After the...
Dit was die meisiekind, Louisa, wat sy lewe red toe hy ná daardie verskriklike deurmekaar...
The explosive new James Bond novel from the no.1 bestselling author of  Trigger Mortis...