Search for your favourite author or book

Die Formidabele Ling-Ho

ISBN 
9781415209202
Format 
Epub
Recommended Price 
R170.00
Published 
April 2016
About the book: 
Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperstetowenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur ’n karavaan, gevolg deur ’n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga.
 
Dit is hier waar dié klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring dié gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense.
 
Tussen Evie en Willem is daar ’n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk.
 
Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaanse werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos ’n welkome bui reën oor ’n dor stuk platteland.
 
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Johan Kruger se mees onlangse roman, Die dag van die Lord, het in 2015 by Umuzi verskyn. Hy is die skrywer van vier jeugromans, ’n speurroman, twee historiese romans en verskeie kortverhale.

Sy roman Die vloek is in 2012 vir ’n ATKV-woordveertjie benoem. In sy vrye tyd vermaak hy sy kleinkinders met kulkunsies.

Others also viewed

In a telegram dated 29 April 1963, twenty-nine-year-old Afrikaans poet Ingrid Jonker thanks Andr...
South Africa has a unique set of characteristics that make walking safaris in big game areas one...
In Giving Back Childhood, celebrities from the world of sport, music, media, academia,...
'... baboons are neither devils nor saints but animals who like us have very individual...