ISBN 
    9781415210093
      Format 
    Paperback
      Recommended Price 
    R280.00
      Published 
    January 2019
      About the book: 
    
	Dis ’n donker karoonag en Siena hardloop grondpadlangs. Sy is bebloed en vlug na die laerskool by Seekoegat, die enigste plek waar sy veilig sal wees. Maar dis ver – drie dae met ’n donkiekar – en sy is te voet.
	Soos wat Siena hardloop, speel die lewensverhaal van haar en twee vriende in haar herinneringe uit. Sy onthou die verwilderde en verwaarloosde Boetie, en Kriekie wie se ma by die stilhouplekke al langs die N1 moes werk. Wanneer hulle drie mekaar later weer as grootmense raakloop, moet hulle hard besin oor die dinge van gister wat elkeen sy eie koers laat inslaan het. Saam met Siena se storie loop die Karooskilpad se spore: ’n Dier wat die wysheid van die landskap saam met hom dra en wat ’n enkele traan stort wanneer hy doodgaan.
	In Die skilpad se laaste traan  verken Carol Campbell weer die magiese, oeroue wêreld van die Karoo, vir donkiejare reeds die plek van die karretjiemense.
	Also available in English as  The Tortoise Cried its only Tear .


