Search for your favourite author or book

Dol Heuning

ISBN 
9781415210796
Format 
Paperback
Recommended Price 
R340.00
Published 
March 2021
About the book: 
Die verhale in Dol heuning  kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.
 
In ’n boomryke Kaapstadse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.
 
In die yslandskap van Reykjavic sluk ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.
 
Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie.
 
Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n poel vol gloeiende palings beleef.
 
Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls,  publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor.
 
Also available in English as Mad Honey
Other titles by this author 

Others also viewed

With this lively guide, young adventurers will discover the many treasures along southern Africa...
Set against the wild backdrop of an intense heatwave in Europe, this is a story about sibling...
In Iran, 1953, a driver named Behrouz discovers an abandoned baby in an alleyway. When he adopts...
The legendary oracle of technological change explains how AI will transform our species beyond...