Search for your favourite author or book

Vier Susters

ISBN 
9781485904700
Format 
Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
May 2021
About the book: 
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.
 
Ivy, die jongste, wil ’n onbevange lewe hê, ’n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.
Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af.
 
Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens.
 
Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.
 
Waar Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf.
 
Gerda Taljaard se Vier susters  is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.
Other titles by this author 
About the Author

Gerda Taljaard is die skrywer van die romans ’n Engel in die hoenderhok en Kelder  asook die kortverhaalbundel Maansiek . Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.

Photograph © Joanne Olivier

Others also viewed

Three missing women. Two impossible cases. One determined detective. When three teachers...
You may have seen the 32 Ladybird Books For Grown-Ups—helpful guides on hangovers, hipsters,...
The incredible No. 1 New York Times  bestseller. Make your bed to change the world... '...
Frogs of Southern Africa: A Complete Guide  remains the most authoritative and...