Search for your favourite author or book

Die Volmaakte Moord

ISBN 
9781776380831
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
August 2025
About the book: 
Moord aan boord van die Leonardo
 
Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar.
 
Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweer- staanbaar raak.
 
Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.”
 
Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?
Other titles by this author 
About the Author

Leon van Nierop is ’n geliefde skrywer, omroeper en regisseur. Met sy baanbrekerswerk op verskeie gebiede het hy hom oor die dekades heen as een van ons land se gerekendste storievertellers gevestig.

Others also viewed

Jack Ryan Jr returns in Tom Clancy's thrilling multi-million copy bestselling series...
Vintage Heroes & Villains: A lineup of literature's most dastardly, devilish and daring...
Need to swot up on your Shakespeare? The ultimate guide to the Bard, perfect for the Shakespeare...
A groundbreaking examination of a terrifying murder and its aftermath by the bestselling author...