Search for your favourite author or book

Troep - Die dinge wat hulle saamdra

ISBN 
9781779860132
Format 
Epub
Recommended Price 
R290.00
Published 
October 2024
About the book: 

In  Troep  vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herin-neringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uit-sonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Bun Booyens  was die stigtersredakteur van die reistydskrif Weg! en redakteur van die dagblad Die Burger. Hy is die samesteller van die eeufeesboek Die Burger 100– Sy Mense en Hul Stories (2016), 50 jaar met Fred (2020), oor die spotprentkunstenaar Fred Mouton, en Ek Onthou – Die Lewensverhaal van ’n Outistiese Seun (2021). Hy was ’n voetsoldaat tydens diensplig en werk tans as ’n vryskutjoernalis.

Others also viewed

THIS IS A TRUE STORY OF EXODUS, the inevitable journey of the last of the First People, as they...
Africa is famous for its abundance and variety of wildlife, making it a great attraction for...
Food and memory are inextricably linked; flavours and dishes evoke emotion, rooted in nostalgia...
An accessible reference to the grasses and grazers of this region, Veronica Roodt’s book...