South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book


 
For all official information and updates regarding COVID-19, visit the South African Department of Health's website at www.sacoronavirus.co.za
 

Waar onthou begin

Twee lewensverhale inmekaar gevleg

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie.
 
’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.
 
Maar die onthou bring seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ’n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.
 
Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank.
 
Onderliggend aan haar verhaal loop nog ’n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars ’n fluistering in die geskiedenis was.
 

Kompetisie

Drie gelukkige wenners sal elk ‘n kopie van  Waar onthou begin  wen !  Voltooi die kompetisievorm voor 31 Augustus 2020 om in te skryf.   Bepalings en voorwaardes geld
 

*Verpligte velde