Search for your favourite author or book

Aankoms en vertrek

ISBN 
9781415210222
Format 
Epub
Recommended Price 
R205.00
Published 
September 2018
About the book: 
Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het ’n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met ’n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat.
 
Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens ’n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was.
 
Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar ’n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Pat Stamatélos is in Goodwood in die Kaap gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Hottentots-Holland. Haar debuutroman, Kroes, word in 2005 gepubliseer. Sedertdien het Die val van die dice, Die portier, Vier begrafnisse en ’n troue, Madeliefies van staal, Pastoor en My Groot Vet Griekse Egskeiding ook uit haar pen verskyn

Others also viewed

Billy’s dragon tattoo will attract strange looks in the Karoo town his family now calls...
More than just a story about the personal journey of one of South Africa’s most beloved music...
Sasol First Field Guide to Gemstones of Southern Africa  is a fascinating guide to the...
She was a bride for just twelve days. She was 28 years old. On a honeymoon to Cape Town she was...