South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Die lang man sonder skaduwee

ISBN 
9781415209448
Format 
Epub
Recommended Price 
R200.00
Published 
February 2018
About the book: 
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.
 
Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my,  haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.
 
In Die lang man sonder skaduwee  sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.
 
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Antoinette Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch ’n graad in drama behaal. Daarna het sy ’n loopbaan as sangeres gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne, soos Krotoa van die Kaap, besing het. Die afgelope sewentien jaar is sy vakleerling van oom Johannes Willemse diep in die berge van die Karoo.

Others also viewed

A new addition to the successful ‘Quick ID guide’ series, Primates is a succinct...
In November 2019, Deon Wiggett’s sensational weekly podcasts held South Africa in thrall as...
Detective Michael Bennett is New York's public enemy no. 1. But when the Mayor's daughter...
Africa has a wonderfully rich store of folk tales that have been passed down from one generation...