Search for your favourite author or book

Die nege lewens van Mevrou Smit

ISBN 
9781776380558
Format 
Paperback
Recommended Price 
R310.00
Published 
May 2024
About the book: 

Kan sy dit weer doen?

Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord…

Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit, die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.

Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van op-winding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie …

Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur.

Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?

Other titles by this author 

Others also viewed

UNLOCK THE KEY TO SUCCESSIn this must-read for anyone seeking to succeed, pioneering psychologist...
Seasoned pro golfer Travis McKinley is cruising toward a new season when he misses a putt on the...
One viral photo. Four expelled teens. Everyone's a suspect.   Theo Foster’s...
The Flexitarian Foodie  is a collection of proudly South African, budget-approved, family-...