Search for your favourite author or book

Die Wonderwerker

ISBN 
9780143529743
Format 
Epub
Recommended Price 
R145.00
Published 
September 2012
About the book: 

Toe Eugène Marais deurtrek van malaria en morfien by ’n vreemde plaashuis in die Waterberg

ingeneem word, verander daardie huishouding heeltemal. Twee vroue ding mee om sy aandag – Maria, die huisvrou, en Jane, ’n jong meisie onder die gesin se sorg. En op hulle beurt is daar twee jaloerse mans – Gys, die eggenoot, en hul seun, Adderjan.
 
Oor die maande waarin Marais onder die sorg van die twee vroue herstel, verrig hy wat vir die plaasmense en hul bure na wonderwerke lyk. Hy versamel en ondersoek byna alles, maak diere mak en bring hulle in sy kamer in, genees besoekers. Hy “mesmeraais” mense en hou hom besig met
dinge wat soos toordery lyk.
 
Algaande bring sy teenwoordigheid in almal die verlange na iets onbereikbaars na vore, maar dis Marais se verlange na die jongmeisie, en hare na hom en na ’n ander lewe, wat al die versweë konflikte op die spits dryf.
Other titles by this author 

Others also viewed

Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal....
'n Fotografiese gids tot die Natuurlewe van Suid-Afrika.
Tannie Maria, everyone’s favourite amateur detective and agony aunt, has finally heeded the...
Published for the first time in German, this is the first local field guide to cover all the...