South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

e - Identifiseer die Bome van Suider-Afrika

ISBN 
9781775842606
Format 
Epdf
Recommended Price 
R240.00
Published 
October 2014
About the book: 

Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in ’n streek soos suider-Afrika met ’n groot planteverskeidenheid waar sowat 2 100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog ’n paar honderd meer wat uit ander dele van die wêreld afkomstig is.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika  bevorder ’n benadering wat lesers sal toerus om enige veldgids tot bome met groter gemak en meer vertroue te gebruik. Die boek is in twee dele verdeel: Deel Een, goed toegelig met kleurillustrasies en foto’s, beskryf die verskillende dele van ’n boom en hul rol by identifikasie. Deel Twee bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Daar is gevind dat dit vir die leek nuttiger is om groepe te herken eerder as die formele plantkundige families wat dikwels gebruik word. Die gebruik van ’n simbool om die hoofkenmerke van elke groep uit te beeld, maak dit vir die beginner makliker om ’n begrip van die verskeidenheid bome te vorm.

Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Braam van Wyk is a professor in the Department of Plant Science at the University of Pretoria. He is a plant taxonomist and has authored or co-authored numerous publications on the botany of southern Africa.
 
Photograph © University of Pretoria.

Others also viewed

Recession, inflation, interest rates, income tax, exchange rates… We are bombarded with...
Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos die van Johan...
As one of the most capped Springboks ever, Victor Matfield is a national hero who transcends...
Eighty-four years old and terminally ill with cancer, psychiatrist Pat Ferguson wants nothing more...