Search for your favourite author or book

Geen engel nie

ISBN 
9781485904120
Format 
Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
February 2020
About the book: 
Nuwe plek, nuwe skool, nuwe mense. Ek het my eenkant gehou, net in die middae pinball gespeel by die Griek se kafee op die hoek. Pinball was my ding. My nuwe klasmaats het gesien hoe ek speel.
“Kyk hoe jive die cat daar agter die pinball,” lag die een. “Ek scheme dié Randfontein cat is nie te bad nie.”
Omdat ek ’n soort van pinball wizard was, het hulle my nie so geboelie soos vir my kleinboet Johnny nie.
 
Ná ’n lewe in die skadus neem ’n man stelling in, rewolwer in die hand, om sy allerlaaste misdaad te pleeg.
 
Terwyl hy in ’n donker sitkamer wag, loop sy herinneringe wye draaie: na harde grootwordjare in Randfontein en Germiston se strate, waar selfs jou eie familie jou kon bloedmond slaan. Hy onthou die Suid-Afrika waarin hy opgegroei het: die Castle Lager en Lucky Strikes agter skoolpawiljoene, die seuns met aanvalsgewere op die grens.
 
Vir ’n hierjy soos hy was sy pad reeds vroeg uitgemeet: hoëtroustelle steel, baie Klipdrift, verbeteringskool, daarná die army. En toe sluk Sunnyside se nagklubs en onderwêreld hom in.
 
In André Krüger se aangrypende roman oor familie, verraad en wraak – geskryf in die taal van die straat en die tyd – voer een man ’n uiterste stryd teen sy lotsbestemming.
 
Other titles by this author 
About the Author

André Krüger is die skrywer van Die twee lewens van Dieter Ondracek  (wenner van die Universiteit van Johannesburg-debuutprys), Komplot  en ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid

Hy is gebore in Johannesburg waar hy in die regte en filosofie studeer. Ná jare verlaat hy sy beroep as prokureur om hom ten volle by die boekbedryf te skaar. Hy woon en werk tans in Stellenbosch.

Others also viewed

Namibia is a fascinating land of contrasts, where floodplains, swamps and the world’s...
Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes...
Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en...
I hope that many of these recipes will become family favourites, the kind that create a sense of...