Search for your favourite author or book

Katelknaap

ISBN 
9781485903550
Format 
Paperback
Recommended Price 
R290.00
Published 
February 2018
About the book: 
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel  verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.
 
Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.
 
Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
 
Also available in English as Toy Boy
 
KLIEK HIER  om 'n uittreksel uit Katelknaap  te lees.
Other titles by this author 
About the Author

Leon van Nierop is ’n geliefde skrywer, omroeper en regisseur. Met sy baanbrekerswerk op verskeie gebiede het hy hom oor die dekades heen as een van ons land se gerekendste storievertellers gevestig.

Others also viewed

The definitive, fascinating, all-reaching biography of Dr. Seuss.   Dr. Seuss is a...
Someone—or something—has it out for MK’s Detective Club.   Minerva...
How mindfulness can restore the healthy relationship with food we were meant to have--with...
1914: Young Anton Heideck has arrived in Vienna, eager to make his name as a journalist. While...