Search for your favourite author or book

Minder as Water

ISBN 
9781776359899
Format 
Epub
Recommended Price 
R246.00
Published 
September 2023
About the book: 
Wat is ’n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie?
 
Toe die regering besluit om ’n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is die skrif teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het ’n jaar tyd om hul dorp en huise te ontruim en voor die groot water uit te vlug.
 
Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur betyds. Pas van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek:
Hoekom verafsku die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat het Jan Boklam een nag in die dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die grênd, ou pastorie waar die Van Helsdingens probeer oorleef?
 
Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red, is dit sy onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in Cheslin se damwal blootlê. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar sommige geheime sal nie deur die vloed weggespoel word nie.
 
Minder as water  is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en uiteindelik die vraag vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor sy einde te staan kom?
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

In the spring of 1970, a Pretoria schoolboy falls in love with Muhammad Ali. He begins to collect...
A mind-boggling tale of inspired crime and brotherly betrayel told by Firoze Peer - amateur...
Cooking with fewer or no carbs need not be boring or bland. Inè Reynierse, author of the...