Search for your favourite author or book

Om Beter te kan Moor

ISBN 
9781485904717
Format 
Paperback
Recommended Price 
R300.00
Published 
April 2022
About the book: 
Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen dié tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar ’n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van ’n seun ’n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?
 
Wanneer die lyk van ’n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met ’n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar?
 
Op Coetzersdal word kaptein André Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hý ontvang ʼn vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?
 
Tussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies haar kriewelrig maak nie.
Other titles by this author 
About the Author
Christelle van Rooyen-Wessels is op De Aar gebore en is tans die redakteur van een van die oudste gemeenskapskoerante in die land – die Stellalander. Sy woon in Vryburg in Noordwes. In 2004 ontvang sy die Sanlam Gemeenskapsperstoekenning vir Joernalis van die Jaar: Menslike Nuus. Adder is haar debuut.
 

Photograph credit: Andi van Aswegen.

Others also viewed

 A shimmering, joyful new novel about a pair of opposites with the wrong thing in common...
‘Spices weaved their way into my kitchen and somehow my collection seems to flourish...
The Very Hungry Caterpillar  has sold over 44 million copies worldwide, in over 60 languages...
Jack Reacher takes an aimless stroll past a pawn shop in a small Midwestern town. In the window he...