Search for your favourite author or book

Stories van die kantlyn

ISBN 
9781770228955
Format 
Epdf
Recommended Price 
R185.00
Published 
March 2016
About the book: 
’n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes …
 
Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein – een van slegs 56 spelers wat dié eer kon hê – was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy ’n ware heer en uitstekende storieverteller – soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek.
 
In Stories van die kantlyn  neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseunrugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeëwenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morné du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers ’n fassinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika.
 
Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met ’n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

Sasol First Field Guide to Mushrooms of Southern Africa  is a fascinating guide to the...
Of the more than 5,500 mammals species worldwide, at least 1,200 occur in Africa. Stuarts’...
Tara Westover and her family grew up preparing for the End of Days but, according to the...