Search for your favourite author or book

Ingrid Jonker Biografie

Begaafde jong digter

Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu. Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het.
 

Kompetisie

Drie gelukkige wenners sal ‘n kopie van Ingrid Jonker 'n Biografie  en Vlam in die sneeu  wen!  Voltooi die kompetisievorm voor 31 Mei 2018 om in te skryf.  Bepalings en voorwaardes geld

*Verpligte velde