Search for your favourite author or book

Newman se Voels van Southern Africa (PVC)

ISBN 
9781770078796
Format 
Paperback
Recommended Price 
R450.00
Published 
November 2010
About the book: 

Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voelboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voelkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voelkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei.

Die titel bevat al die voels wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voels van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibie, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls van Suider Afrika is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voelgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou. 

Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voel soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit. 

'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika te gebruik.

Other titles by this author 

Others also viewed

Nostalgie  is Herman Lensing se sewende kookboek en volg op die uiters suksesvolle ...
The inside story of South Africa’s worst military scandal since apartheid  ...
This long-awaited third edition of  A Complete Guide to the Snakes of Southern Africa ...
The Savvy Investor’s Pocket Guide is a self-improvement guide that provides ordinary people...