Search for your favourite author or book

By die Brandende Berg

ISBN 
9781485904229
Format 
Epub
Recommended Price 
R199.00
Published 
September 2019
About the book: 
JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy ’n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná ’n aanslag op sy lewe moet hy vlug.
 
Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy ’n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red.
 
In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Piet van Rooyen is die skrywer van sewe romans en vier poësiebundels. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, wen die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisiein 1993.

Hy ontvang hiervoor ook die cna-prys vir ’n debuutroman. Die olifantjagters verskyn in 1997 en dié roman ontvang in 1998 die M-Net-prys.

Ander romans sluit in Gif (2001), Die brandende man (2002), Akwarius (2005), Etosha (2010) en Rodriguez (2012).

Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.

Others also viewed

The Whale Caller, in tattered tuxedo, spends his days on the cliffs of the small coastal town of...
This title focuses on the essence of how to go about identifying birds. Topics covered include size...
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van...
A sad little boy climbs up a hill, unhappy because he doesn’t have the shiny new toys that...