Search for your favourite author or book

Troep: Die dinge wat hulle saamdra

ISBN 
9781779860125
Format 
Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
October 2024
About the book: 

In  Troep  vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uit-sonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Other titles by this author 
About the Author

Bun Booyens  was die stigtersredakteur van die reistydskrif Weg! en redakteur van die dagblad Die Burger. Hy is die samesteller van die eeufeesboek Die Burger 100– Sy Mense en Hul Stories (2016), 50 jaar met Fred (2020), oor die spotprentkunstenaar Fred Mouton, en Ek Onthou – Die Lewensverhaal van ’n Outistiese Seun (2021). Hy was ’n voetsoldaat tydens diensplig en werk tans as ’n vryskutjoernalis.

Others also viewed

In a large house in London's fashionable Chelsea, a baby is awake in her cot. Well-fed and...
Lou Clark knows too many things...   She knows how many miles lie between her new home...
Siphokazi Jonas  is a weaver of seemingly discordant worlds; growing up in an Afrikaans dorpie...
Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se...