Boek resensie van Dagboek van 'n Wimp: Rodrick Regeer

This entry was posted on 11 September 2013.
Geniet 'n lekker laggie!
Toe ek die oulike boek optel en begin daarin rondsnuffel, het ek baie ongemaklik gevoel. Ek het altyd geglo dat ‘n mens nie in iemand anders se dagboek mag rondkrap nie. Maar nadat ek a paar bladsye gelees het, het ek besef dat die ou dagboek vir die leser bedoel is. Die outjie skryf amper asof hy met my praat en met my gedagtes en allerande nuusbrokkies wil deel. Dagboek van 'n Wimp: Rodrick Regeer gaan oor a doodgewone gesin - ma, pa en drie seuns. Ons skrywer is die middel seun en hy kry nogal swaar in die posisie. Die oudste broer is nie eintlik vriendelik teenoor hom nie. Hy terg en boelie hom keer op keer, maar hulle geniet klein stoutighede saam ook! Toe hul ouers een aand wil uitgaan, lees ons dat die dagboek skrywer, Greg, word beveel om verantwoordelik te wees en om hulle mooi te gedra. 
 
Maar sodra die ouers uit die huis is, begin Rodrick al sy hoerskool maats bel en hulle uit te nooi vir ˜n partytjie by hul huis. Eers wou Greg die ouers bel en vir hulle se wat aangaan. Maar hy besluit om sy mond te hou en te sien hoe hoerskool kinders hulle gedra. Toe die spul weg was, was die huis in 'n verskriklike toestand! En dit nadat Rodrick vir Greg in die kelderkamer toegesluit het, sodat hy niks kon sien en sy geheime sou verklap nie!! Daarna het Greg, wat weer vry was, tog sy ouer broer gehelp om die plek weer skoon te kry. 
 
So lees ons van al die kaskenades wat die seuns aangevang het. Niks ergs nie en party dinge nogal baie snaaks. Die dagboek is 'n heerlike, genotvolle, ligte lees wat mens kan geniet, en weer optel en lees. Baie van die storietjies sal die leser laat lag en weer laat lees. Die Afrikaans is nogal nie ingewikkeld nie of van te hoe standaard nie. Jy kan glo dat dit deur n jong seun geskryf is – ‘tjop-tjop’ in plaas van ‘gou-gou’. 
 
Geniet Dagboek van 'n Wimp: Rodrick Regeer. Ek weet ek het! 
___________________________________________________________________________________________________________________

Robynne Benyishai het haar beroep by CNA in 1994 begin en daarna het sy by Macdonald Purnell gaan werk in die bemarking department. Nadat Robynne getrou het, het sy by Penguin gaan gewerk. Robynne hou baie van kinder letterkunde.

Facebook  Twitter