Archive - Jul 5, 2013

Date
  • All
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31

Karin Brynard kom na Penguin

This entry was posted on 05 July 2013.
Met die voltrekking van ‘n betekenisvolle boeketransaksie word vandag bekend gemaak dat Penguin Books (Suid-Afrika) in ’n veiling die publikasieregte in vier romans deur die opkomende ster-skrywer Karin Brynard bekom het.
 
Die bekroonde Stellenbosse skrywer en joernalis het twee romans op haar kerfstok, Plaasmoord (Human & Rousseau, 2009) en Onse vaders (Human & Rousseau, 2012), wat albei vanuit die staanspoor kritiese en kommersiële suksesverhale was.