Resepte: Nostalgie deur Herman Lensing
NOSTALGIE is Herman Lensing se sewende kookboek en volg op die uiters suksesvolle HUISKOS / HOME COOKING in 2021, wat vir ’n Gourmand-toekenning benoem is, en Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het. Herman se laaste boek in die trilogie vertel – in sy eie woorde – die storie van sy lewe tot op 36 jaar. Die eerste proe of geur van kos laat jou terugdink en verlang – dit bring NOSTALGIE.