Search for your favourite author or book

Vlam in die Sneeu

ISBN 
9781415208939
Format 
Boxed Set/Slipcased
Recommended Price 
R950.00
Published 
November 2015
About the book: 

Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en ’n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai.

’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding.

In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het André P. Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.

Kliek hier om 'n uittreksel uit die boek te lees. 

Ook beskikbaar in Engels.

Daar word slegs 1000 van die spesiale genommerde uitgawe in Afrikaans gedruk.

  • Dié weergawe word in 'n boekkoker met bykomende visuele materiaal uitgegee, met 'n kunswerk van Hanneke Benadé op die omslag.
  • Die boek sluit onbekende foto's uit André P. Brink se private versameling in, met 'n ekstra fotoseksie wat nie in die standaarduitgawe verskyn nie, onder meer onbekende persoonlike foto's van Ingrid Jonker.
  • Dit bevat 'n replika van 'n volledige brief van Ingrid Jonker in 'n koevert as insetsel.
  • Die briewe verskaf nuwe insigte in die skryfwerk en liefdesverhouding van twee van die bekendste skrywers in Suid-Afrika.

Kliek hier om jou spesiale genommerde uitgawe van Vlam in die sneeu te bestel.

Besoek ook die amptelike webtuiste: www.flameinthesnow.co.za

Other titles by this author 

Others also viewed

Kamal Arslan Agha is a patriot, loyal to the Sultan and his dominion over Europe. As a Special...
Armand is back, stripped all the way, as usual.   His first cookbook (Nude) was a...
A Guide to Essential Manners, Savvy, and Vice   This compendium of manners and mischief...
Two true-crime thrillers as seen on Discovery's Murder is Forever  TV series....